Shoe kan skaars glo ons eerste twaalf weke is amper op.
Gedink dis die regte tyd vir ‘n terug kyk en om almal te herhinner hoekom hulle die reis begin het.







Ons is so trots op Celest was saam man-lief sommer ‘n hete 42 km per fiets gedoen het.
Celest het die 12 weke aangepak omdat sy onlangs 50 geword het. Sy wil beter oor haarself voel en gemakliker in haar klere wees.
Ek dink jy is goed oppad soontoe. Dink nie ek sal eers probeer om op ‘n fiets te klim nie.
Elaine het ook die uitdaging aangepak om beter te voel en bietjie gewig afteskud.
Sy het goed begin deur sommer tydens haar vakansie aktief te bly en gewig te verloor.
‘n Natasha en Elize D het kort en kratig die uitdaging opgeneem omdat ons gesonder wil word.
Elize S het lank en deeglik oor haar rede gedink,
|
Ek het n baie stresvolle werk en sit party dae 10 ure lank voor die rekenaar. ek is hierdie jaar 60 en besef ek moet aan my gesondheid werk en die baie sit is nie goed vir my gesondheid en gemoedstoestand nie. ek sukkel om by n plan te bly wanneer ek dit alleen aanpak. ek is ook n weduwee met n 17 jarige kleinseun wat in my sorg is. as gevolg van my werk eet ons baie verkeerd en dit is besig om hom ook te benadeel. |
Ek dink sy eggo baie van ons se probleem met ons vorig pogings om ons leefwyse te verander.


Een van die hoogtepunte van die laaste paar weke was ongetwyfeld ons 3 dae lange Daniël vas. Al die dames het ooreengestem dat hulle werklike deurbrake beleef het.
Ons leer uit Daniël se verhaal hoeveel voordeel daar vir ons liggaam is as ons kos eet soos na aan natuurlik as moontlik.
Hierdie of enige vas moet egter nie net wees vir die fisiese voordele nie, maar ‘n vas moet ook geestelike gevolg.
Daniël en sy vriende se getrouheid en gesindheid aan hulle guns gegee het by God. God het hulle verstandig toegerus het. Daniël het selfs die geestelike gawe gekry om gesigte en drome uittelê.
Die gevolg van hulle getrouheid het tot gevolg gehad dat selfs ‘n heidense koning God vereer het as die enigste ware God.
l
Ons speel met balle en word baie styf!!!





Nog redes hoekom ons hierdie uitdaging aangepak het…
Ek moet begin gesonder leef eet, en ook meer gaan stap!! Ek moet gewig verloor wat my kniee is seer van die gewig wat ek dra.
|
Ek word nie jonger nie en met ‘n werk en leefstyl na COVID het my gesondheid glad now goed gedoen nie, maar ek sukkel om gewig te verloor. |
Dan was daar ook ‘n paar van ons wat braaf genoeg was om te erken hulle so graag beter lyk en beter voel oor hulleself.
|
Keelvol vir my lyf. As gevolg van my gewig ly my gesondheid geweldig daaronder. Wil so graag n goeie rentmeester wees. My liggaam is tog die tempel van die Heilige Gees. |
Al wat ek kan sê
is…… ouderdom is n lelike ding!!!!
Ten slote vir nou….
Isaiah 41:10
Fear not, for I am with you, be not dismayed, for I am your God, I will strengthen you, I will help you, I will uphold you with my righteous right hand.