Net ‘n herhinnering aan ons woord vir die week. Kom ons bid weereens dat ons God sal vertrou om in ons liggame te werk. Om te genees en om ons te seen met selfbeheersing en dat ons hierdie 12 weke sal geniet en mekaar met liefde sal ondersteun.
Nog ‘n skrif wat pragtig in skakel by die tema van vertroue is… vergewe die engels : James 1:6
“But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who deobts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind.”
Hierdie gedeelte maak dit duidelik dat ons standvastig moet wees in ons vertroue in God om ons gebede te verhoor. Ons bou vertroue deur verhouding. Leer God ken – spandeer tyd saam met Hom en in Sy woord.
Wat ‘n opwindende en lekker begin. Ons het sommer uit die staanspoor lekker saam gelag en gesels en die enigste spanningsvolle oomlik was toe die krag afgegaan het.
Ons het afgeskop deur “begin” fotos te neem, die maatband nader getrek en ons vrees vir die skaal oorkom. Almal van ons weet nou waar ons is hoeveel werk ons het om te doen.
Ons het ‘n helepaar goed bespreek soos oefening, eet programme wat al suksesvol gebruik is deur die groep en die belangrikheid vn mense wat ‘n leefstyl verandering projek saam met jou aanpak.
Die groep het dan ook besluit dat hulle saam wil oefen gedurende die week. Ons het besluit om Maadae-, Dinsdae- en Donderdaeaande saam Body FX se dans oefeninge te doen. Ek dink ons gaan lekker lag vir mekaar.
Pilatus App Aanbeveeling
Celeste het ‘n fanatastiese en gratis App voorgestel wat jou help om in die privaatheid van julle eie huis pilatus te doen.
Die website www.betterhealth.vic.gov.au het die volgende oor pilatus te se:
“Pilates can be an aerobic and non-aerobic form of exercise. It requires concentration and focus, because you move your body through precise ranges of motion. Pilates lengthens and stretches all the major muscle groups in your body in a balanced fashion. It requires concentration in finding a centre point to control your body through movement. Each exercise has a prescribed placement, rhythm and breathing pattern.”
Dit klink voorwaar of dit ‘n wenner kan wees vir die van ons wat sukkel met ons gewrigte en knee omdat die impak nie so hoog op die bene is nie.

WOW wat ‘n eerste week!!!!
Ons was 11 dames wat geweeg het die week en het 14.6 kg verloor. Dit is voorwaar ‘n geseende begin en goeie insperasie vir die volgende week.
Ek is seker volgende week gaan net so goed lyk.

Well done Dames!!
Lekker om dit saam n groep vroue te doen…. almal met dieselfde doelwit…….